Spinasie met spek en sampioene

 

Spinasie en Sampioene

Saam met die hoender was daar Spinasie met spek en sampioene.
Kook die spinasie tot net verwelk en maak dit fyn in die voedselverwerker. Braai die sampioene in die ontbytspekstukkies liggies in olie en roer die spinasie, saam met bietjie Cheddarkaas daarby in. Skep in ‘n bedienbak en strooi bietjie Fetakaas bo-oor.
ADRIAN OLIVIER.