SPEK EN UIEKONFYT

SPEK EN UIEKONFYT
5 groot rooi uie, in lang repies gekap
3 pakkies spek in klein blokkies
125 ml donker bruinsuiker
1 klein houertjie kersietamaties
200 ml balsamiese asyn
1 handvol roketblare met bietjie olyfolie

Braai die uie in ‘n bietjie olie. Voeg die spek by en braai sodat die vet begin uitbraai.
Voeg nou die tamaties by en braai tot hulle oopbars.
Nou vir die suiker. Jy sal sien ‘n soort stroop begin vorm.
Sodra die tamaties begin wegkook, kan jy die asyn byvoeg.
Roer die hele tyd sodat die suiker nie aan die bodem vasbrand nie.
Bedien op ‘n rolletjie met kouevleis en roketblare.
Foto:  Sanet Smith Verster