SJOKOLADE POEDING MET EIE SOUS

tina se sjokolade poedingtested
SJOKOLADE POEDING MET EIE SOUS
Foto:  Tina Botha
Resep geplaas deur Tina Botha
FOOD LOVERS RECIPES
50 g botter/smeer
200 ml strooisuiker
25 ml kakao
250 ml koekmeel
1 eier
15 ml bakpoeier
2 ml sout
200 ml melk

Room botter en suiker, Voeg eier by en klop tot lig en donsig.
Sif droë bestanddele en voeg om die beurt met die melk by die bottermengsel.
Skep in ‘n gesmeerde/gespuite, groot oondvaste bak.

Stroop:
250 ml water
250 ml bruinsuiker
25 ml kakao
5 ml vanilla geursel

Meng al die bestanddele, behalwe die vanilla in n kastrol.
Roer tot suiker opgelos is en mengsel begin kook.
Voeg vanilla by en gooi warm stroop oor die beslag.
Bak 30 minute teen 180ºC (350ºF).
Bedien met vla, varsroom. ( Ek hou van roomys by).