ROMERIGE GEBAKTE KOOL
1 fyngekapte ui
500gr ( 6 K) fyngesnyde kool
3 k kookwater
1 E botter of margarien
sout en witpeper
12,5 ml (1Desertlepel) mezena
375 ml melk
2 eiers
50 g gerasperde cheddar kaas
Sit die gekapte ui en kool in ‘n pot en gooi kookwater oor en kook tot sag, Dreineer die kool mengsel goed. Voeg botter, s&p by en meng goed. Smeer ‘n oondvaste bak en sit kollmengsel in. Meng mezena met bietjie van die melk. Klits die eiers met die res van die melk, en voeg die mezena mengsel by. Meng goed en gooi oor die koolmengsel. Sprinkel kaas oor en bak vir omtrent halfuur by 180 G Celcius
Resep: Martie Fourie Moolman
Fot0: Bernice Janse

