RICE CRISPIES KOEK

rice crispie koektestedrice crispie koek 2

RICE CRISPIES KOEK
3 eetlepels botter
285 g gewone malvalekkers of 4 koppies mini-malvalekkers
6 koppies Rice Krispies
200 g witsjokolade
pienk voedselkleursel
versierseltjies van jou keuse 

Smelt die botter in ’n groot kastrol oor lae hitte.
Voeg die malvalekkers by en roer tot heeltemal gesmelt. Verwyder van die hitte.
Voeg die Rice Krispies by en roer goed totdat dit heeltemal met die malvalekkermengsel bedek is.
Skep uit in ’n pan van 33 x 23 x5 wat deeglik met kleefwerende kossproei gespuit is. Gebruik waspapier om die mengsel plat te druk (dit is baie klewerig).
Sit dit so ’n halfuur in die yskas.
Gebruik dan ’n hartjievorm-koekiedrukker om hartjies uit die mengsel te druk.
Smelt die sjokolade in die mikrogolfoond en kleur pienk. Doop een helfte van die hartjie in die sjokolade en plaas op ’n bakplaat wat met waspapier uitgevoer is. Sprinkel van die versierseltjies oor voordat die sjokolade hard word.

Valentynswenk: Pak die hartjies in ’n mooi boksie en bederf jou geliefde daarmee. Bêre in die yskas.

Foto: Barbara Bullock
Rice crispies cake made by my young food lover, covered in chocolate , poping candy and 100’s & 1000’s