PYNAPPEL CREMORATERT

tested
PYNAPPEL CREMORATERT
500 g Cremora melkpoeier
250 ml kookwater
2 blikkies (397 g elk) kondensmelk (verkoel)
250 ml suurlemoensap
12 Tennisbeskuitjies
410 g fyngemaakte pynappels

Los die melkpoeier in die kookwater op en verkoel vir 1 uur in die yskas. Roer die kondensmelk by en klits tot styf. Klits die suurlemoensap geleidelik by en roer die fyn pynappel deur. Pak beskuitjies in ‘n plat reghoekige tertbord en giet die mengsel bo-oor. Plaas in die yskas tot stewig en versier met room indien verkies. Lewer 1 groot tert.

Sonja Young : Goeie advies vir die tert: sorg dat die aangemaakte Cremora baie baie koud is en nie net afgekoel nie. Sit dit ‘n rukkie in die vrieskas, maar hou dop dat dit nie vries nie
Foto: Twynette Blignaut