POST TOASTIE TERT


POST TOASTIE TERT
Resep:  Rita Pretorius
Geplaas deur Rina Kleinhans
FOOD LOVERS RECIPES
200 g margarien
250 ml stroop
200 g melk sjokolade
4-5 koppies post toasties
1 blik gekookte kondensmelk of caramel
250 ml room styf geklits

Smelt die margarine, stroop en sjokolade saam en voeg die post toasties by. Druk vas in pan met los bodem en sit in die yskas vir ongeveer 1 uur.
Haal die tert uit die pan, smeer gekookte kondensmelk bo-oor en dan die styfgeklopte room. Sprinkel bietjie vermicilie bo-oor vir versiering. Heerlik