PIESANG-NEUT FILLO-ROLLETJIES

2014-03-22-piesang-neutfillo-rolletjies

PIESANG-NEUT FILLO-ROLLETJIES

Piesang:
Gebruik ‘n halwe piesang per rolletjie.

Fillodeeg:
Gebruik 2 – 3 velle om twee rolletjies mee te maak. Smeer elke vel met gesmelte botter of margarien. Botter gee altyd te beste resultate.

Strooisel:
Meng gelyke dele bruiksuiker en fyngemaakte Haselneute met kaneel na smaak. Sprinkel dit tussen die lae fillodeeg.

Maak van rolletjies:
Rol soos in foto-demonstrasie.

Bak:
Bak vir 20 minute teen 180grC.
Bestuif met ‘n bietjie versiersuiker as dit effens afgekoel het.

Bediening:
Bedien saam met styfgeklitste room waarby ‘n bietjie rum gevoeg is.

Foto’s Louise Groenewald