PASTA VIR JOU PASTA MAKER

  tested

PASTA VIR JOU PASTA MAKER
Ek maak net gewoonlik die eier pasta.
1 jumbo eier
1 koppie koekmeel
1 eetlepel olie (enige olie)
Ek maak dit een een aan, werk vir my beter. Laat die deeg staan in die verskeie bolletjies vir so halfuur. Rol dan uit op no1 vir n paar keer terwyl jy dit omvou en weer rol.

Ek gaan tot verstelling no 6 maar dis hoe ons daarvan hou. 7 Werk ook goed. So 2 honger mense eet aan n 1 koppie mengsel. Ek sit ook gekapte spinasie in die deeg, lyk mooi!
Wenk:
O ja, hou alles vol meel gestrooi, die pasta sit maklik vas aan mekaar. Moenie jou pasta maker met water was nie, ek het sommer n verfkwas(n nuwe ene…) waarmee ek dit skoonborsel. Jy kan enige iets in die deeg sit, selfs beet om dit pienk te kleur, proe dit nie eintlik nie. Jy moet dalk jou boekie lees vir die ravioli storie. Ek weet nie watter masjien jy het nie. Ek sit butternut en feta, spinasie en ricotta, sampioene en spek, ricotta en baie swartpeper met suurlemoenskil, beet en feta, my seun se gunsteling is ‘n blokkies cheddar. Die gehiem is klein bietjies, moenie te veel insit nie dan bars/kraak dit oop. Die vulsel moet droog wees nie souserig nie.
My gunsteling is klaar pasta met ‘n lepel basilpesto ingeroer met suurlemoensap en gruyere kaas bo-oor. Heerlik!!

Hanlie Grobbelaar