OUVROU ONDER DIE KOMBERS VIR VEGETARIERS

2014-02-28-ouvrouonderdiekomberstested

OUVROU ONDER DIE KOMBERS VIR VEGETARIERS
Foto en resep:  Martie Fourie Moolman
Bietjie aanpassing gemaak. Lekker vir vegetariese ete, of vleislose Maandag. Kan dit ook met maalvleis maak. Genoeg vir 4 mense.
1 kopkool, gehalveer
Sous:
1 x 410 blik gekapte tamaties
4 teelepels suiker
sout en peper
Vulsel:
2 knoffelhuisies, gekap
2 blikke cannellini boontjies (ek het 1 blik cannellini en 1 blik swart bekkie boontjies gebruik), dreineer
2 wiele feta kaas, gekrummel
2 eiers
5 ml suurlemoensap
1 eetlepel gemengde droë kruie. (Ek het vars tiemie, knypie naeltjies en pietersielie gebruik)
sout en peper

Voorverhit oond 180°C. Breek koolblare los. Bring kastrol vol kookwater tot kookpunt. Kook die blare tot net buigbaar, maar nog bros. Dreineer en hou eenkant. (Ek het ‘n groterige babakool gebruik)
Sous:
Verhit die tamaties en suiker saam in kastrol. Geur met sout en peper.
Vulsel:
Maak die boontjies fyn en meng met res van bestanddele, geur met sout en peper en sap. Neem ‘n blaar en skep van die vulsel in die middel. Vou toe soos ‘n pakkie. Herhaal met die res van die blare en vulsel. Pak pakkies styf teenmekaar in ‘n bak. Giet die sous oor en bak 30- 35 min. (ek het gerasperde Cheddar bo-oor gesit) Bedien met rys.