OOSTENRYKSE AARTAPPELGEBAK


OOSTENRYKSE AARTAPPELGEBAK
700 g aartappels
2 eetlepels meel
2 eetlepels botter
250 ml hoenderekstrak
2 eetlepels wit wynasyn
sout en peper
2 eetlepels room
bietjie kaas van jou keuse
chives of pietersielie vir garnering
Kook of mikrogolf die aartappels tot gaar maar steeds ferm. Sny die gaar aartappels in eweredige dikkerige skywe. Smelt die botter in ‘n wye kastrol en roer die meel daarby in tot ‘n pasta gevorm word. Voeg die hoenderekstrak stadig by en roer aanmekaar met ‘n draad klitser tot ‘n gladde sous. Voeg die wynasyn, room, sout (onthou die hoenderekstrak is reeds sout) en peper by en laat prut vir nog ‘n minuut terwyl aanmekaar geroer word. Plaas nou die gesnyde aartappels in die sous en laat prut vir ongeveer 5 minute tot die aartappels heeltemal sag is. Plaas oor in ‘n oondbak en strooi bietjie kaas oor. Plaas onder die oondrooster tot die kaas gesmelt is of verbruin het volgens jou keuse. Sprinkel gekapte chives of pietersielie oor en bedien.
Resep en foto: Adam Cloete