OM FYNGEMAAKTE AARTAPPELS TE VRIES DUCHESSE-AARTAPPELS

 


OM FYNGEMAAKTE AARTAPPELS TE VRIES DUCHESSE-AARTAPPELS

Skil 1 kg aartappels, sny dit in stukke op en kook dit in soutwater tot sag. Maak fyn en roer dit oor lae hitte heeltemal droog. Klits ‘n eier en voeg dit saam met 50g botter of margarien en 15ml room by die aartappels. Sout en peper na smaak. Laat heeltemal afkoel. Spuit rosette op ‘n bakplaat en bevries dit oop. Pak dit in vries sakkies sodra dit hard is en plaas dit terug in die vrieskas.
OM VOOR TE SIT
Plaas die bevrore rosetet op ‘n gesmeerde bakplaat. Klits 1 eiergeel en 30ml melk of room saam. Bestryk elke roset baie versigtig met die mengsel. Bak die rosette ongeveer 30min lank by 190°C totdat dit begin verbruin.