MOSBOLLETJIE/ANYS BISKUIT (Rusks)
MOSBOLLETJIE/ANYS BISKUIT (Rusks)
Plaas die volgende in ‘n bak:
250 g botter
1 blikkie kondensmelk
2 koppies suiker
2 koppies kookwater
Roer tot gemeng en botter gesmelt het.
Voeg die volgende by:
2 koppies warmwater
4 eiers
Krummel Gis of (2 pakkies kitsgis)
½ van 2,5 kg koekmeel
Roer tot gemeng.
Maak goed toe en sit in son (warm plek) tot dit skuim gemaak het.
Voeg die volgende by:
Res van 2.5 kg koekmeel
2 eetlepel sout
1 boksie anys
Knie goed.
Kan nog water of meel by sit as nodig.
Sit in son (warm plek) om te rys.
Knie af en maak balletjies. Sit in panne.
Maak weer goed toe met kleefplastiek wat met olie gesmeer is.
Sit in warm plek om in panne te rys.
Bak vir 1 uur teen 160 °C.
BOLAAG:
½ koppie melk en ½ koppie suiker – Kook saam in mikrogolf tot suiker gesmelt is.
Mengsel moet koud wees om op te smeer sodra dit uit die oond uit kom.
Bron: Diane Roode Hancox
Foto: Barbara Bullock

