MIKROGOLF GEMMERPOEDING

mikrogolf gemmerpoedingtested

MIKROGOLF GEMMERPOEDING
Beslag:
125 g margarien
¾ koppie bruinsuiker
¾ koppie melk
½ teelepel sout
1 eetlepel appelkoos of perske konfyt
1 koppie meel
¾ eetlepel koeksoda (dis reg, eetlepel)
5 ml vanillageursel
Sous:
2 koppies kookwater
2 teelepels gemmer
1 koppie wit suiker
Meng die bestanddele vir die beslag saam in ‘n mengbak tot gemeng. Skep die beslag in ‘n gesmeerde mikrogolfbestande bak en plaas eenkant.
Meng die bestanddele vir die sous in ‘n kastrol of in ‘n mikrogolfbestande glasbak en verhit die bestanddele op die stoof of in die mikrogolf totdat dit gesmelt is. Giet die sous oor die deeg (meer aan die kante van die bak, sodat die poeding nie vol gate met sous binne-in is nie).
Bedek die bak met kleefplastiek of ‘n deksel en bak die poeding in die mikrogolf vir 12 minute op hoog, verkieslik op ‘n omgekeerde piering. Bedien die poeding saam met room, roomys of dun vla.
Resep: Wanda Botha
Foto: Dawie van den Heever en Elsabie O’Neill Ackerman

Sandra Marais  – Sopas myne gemaak en ge-eet en ek moet sê dit was heeeeerlik!