MIERSHOOP SAMPIOENE EN KOOL


MIERSHOOP SAMPIOENE EN KOOL
Sny ‘n koolkop so in kwarte, en haal die Stronk in die middel uit.
Sprinkel bietjie neut muskaat oor, sout en Braai speserye.
Sit die kool in ‘n pot met bietjie water en kook totdat die blare begin oopmaak soos n boek.
Braai die miershoop sampioene, saam met UIE en BEES BACON, totdat dit lekker bruin is. Sprinkel bietjie sout en swart peper oor.
Wanneer die koolkop se blare uitmekaar begin val, pak die kool op ‘n opskep bord en skep die sampioenmengsel so tussen die blare in, en sprinkel weer bietjie neutmuskaat en so 1 eetlepel Mayonnaise oor (as jy nie vars ROOM het nie).
Druk dit in die oond en maak lekker wam so in die bord.
EN GENIET ‘n lekker Groente en “vleis” ete.
RYK maar LEKKER…
Resep en foto: Stefaans Blaauw