Meksikaanse Aartappels

tina se mexikaanse aartapplestested

hier is my resep wat ek gisteraand gemaak het, dis mos die week van die Aartappel-geregte:
1 Ui, gekap of gerasper,
2 Gekneusde Knoffelhuisies,
25 ml. Varkvet of Olie,
5 ml. Rissiepoeier (ek het rooipeper gebruik),
1 ml. Droƫ Origanum,
5 ml. Sout,
Varsgemaalde Swartpeper en Witpeper, na smaak,
250-300 ml. Water,
4 groot aartappels in 6 of 8 stukke gesny.
Braai ui en knoffel, Voeg geurmiddels by en dan die water en verhit tot kookpunt, Voeg aartappels by en prut tot sag (sowat 30 min.), Roer af en toe.Jy kan dit saam met enige Vleis of Vis bedien, selfs saam met n gekookte ete.

Tina Botha