MAALVLEISGEBAK MET MIELIEMEELKORS

maalvleis met mieliemeelkorstested

MAALVLEISGEBAK MET MIELIEMEELKORS
VULSEL:
olie
1 ui, gekap
500 g maalvleis
250 ml (1 koppie) tamatiepuree
sout en peper
KORS:
250 ml (1 koppie) mieliemeel (ekt braaipap gebruik)
250 ml (1 koppie) koekmeel
30 ml (2 eetlepels) bakpoeier
2 ml (½ teelepel) sout
60 g botter, gesmelt
1 eier, geklits
250 ml (1 koppie) melk
Voorverhit die oond tot 200 °C.
Spuit ’n oondvaste bak met kossproei.

VULSEL:
Verhit ’n bietjie olie en braai die ui daarin tot sag. Voeg die maalvleis by en braai tot halfgaar.
Roer die tamatiepuree by en geur met sout en peper. Laat 10 minute prut, skep in die voorbereide bak en hou eenkant.
(Ekt ‘n blikkie gemengde groente bygesit)
KORS:
Sif al die droë bestanddele saam in ’n mengbak. Voeg die gesmelte botter, geklitste eier en melk by en meng goed.
Skep die deeg oor die maalvleis en bak 25 minute tot die kors gaar is. Sit voor.

Resep en foto: Natascha de Jongh