LYNETTE SE “GEEN OMDRAAI” PANNEKOEK

FLR BB Yummieee!!tested
LYNETTE SE “GEEN OMDRAAI” PANNEKOEK
Almal soek altyd my pannekoek resep, so hier is dit:
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
2 ml sout
2 eiers
200 ml melk
200 ml water
5 ml brandewyn
125 ml kookolie

Sif droĆ« bestanddele saam. Klits eiers en melk en klits by meelmengsel tot glad. Voeg res van bestanddele by en klits tot dit ‘n dun, gladde mengsel is. As die pannekoeke lekker dun is, is dit net nodig om aan een kant te bak tot dit droog is bo-op. Strooi kaneelsuiker en geniet! Dit is ongelukkig te sag om suksesvol te vries, maar dit meng so vining mens kan maar gou aanmaak wanneer nodig. En dit bak baie vinnig aangesien mens nie hoef om te draai nie.

Lynette Jacobs Wasserman