LEKKER AARTAPPELSLAAI

 

aartappelslaai ofmtested

Steeds op die aartappel onderwerp… ek weet hierdie is lank terug ook bespreek, maar hier is mos baie nuwe lede intussen bygevoeg

Hoe maak jy jou aartappels gaar vir aartappelslaai en wat is jou geheime bestanddeel vir LEKKER aartappelslaai. Ek het vanaand gemaak vir saam met die braai. Alhoewel ek nie dink aartappelslaai is my sterk punt nie en ek dit min maak was dit tog baie lekker. Ek maak die aartappels in die mikrogolfoond gaar, laat dit afkoel en voeg C & B mayo by, bietjie suiker, halwe teelepel kerriepasta, Ina Paarman Green Onion seasoning, swartpeper en gekapte ui. Vir kleur sal ek ‘n paar gekapte Peppadews en vars pietersielie bysit.

BRON- Louise Groenewald

Adriana Wait Louw Ek kook myne op stoof, nola mayo, uie fyn gekapm gherkin bietjie ina paarman se olive & herb, maar as ek lus is vi fensie braai ek bacon fyn gesnipper en appel klein blokkies gesny daby so gemak met my troue 24 jaar terug en was baie lekker.

Lize-Marié Strydom Ek kook my aartappels op stoof. C&B mayo wat effens verdun is met melk. Gebraaide stukkies bacon, fyngerasperde uitjie, gekookte eier wat fyngesny is en klein blokkies soetmelk kaas Uit die boonste gestoeltes!.

Mariette Visser Ek kook my aartappels, reeds in blokkies gesny op die stoof in soutwater. Vir elke dag se aartappelslaai: meng mayonnaise met kondensmelk en bietjie mosterd. Dan gooi ek die aartappels (meestal is dit nog warm, want hierdie mamma van 3 het nie tyd vir wag nie) in lae met die mayonnaise en lekker aromat. Ek los dit netso, sonder om te roer, tot koud. Net voor opdiening, “roer” ek dit met die steel van ‘n houtlepel. So druk jy nie die aartappels stukkend nie. Vir wanneer ek wil “grand” wees: mayonnaise, kondensmelk, korrelmosterd en dan of griekse jogurt (halfie-halfie met die mayo) of klein bietjie room of nog beter, suurroom. En dan krummel ek lekker baie feta growwerig daarby in. Fyngekapte ui en vars pietersielie na smaak. Dis hemels!