KORSLOSE ASPERSIETERT


KORSLOSE ASPERSIETERT
250 g ontbytspek
250 ml koekmeel
1 groot uit gekap
450 g blik aspersies
250 g margarien
± 900 ml Melk
250 ml gerasperde kaas
50 ml pietersielie
10 ml aangemaakte Mosterd
2 ml sout
knippie rooi peper
4 eiers geskei

Vehit die oond die 180 ºC
Smeer groot vierkantige oondbak.
Sny spek in stukkies – braai spek en uie in pan. Haal uit en hou eenkant.
Smelt margarine in pan – roer koekmeel by en verwyder van stoof.
Dreineer aspersies – hou aspersie water eenkant en voeg die melk by tot ongeveer 1 liter.
Voeg melk en aspersiemengsel by die meel in die pan en meng goed.
Plaas terug op diestoof en roer tot kook.
Verwyder van die stoof af.
Voeg spekmengsel, aspersies, kaas, pietersielie, sout en peper by – meng goed.
Skei eiers – klits eiergele met vurk en roer by die mengsel.
Klits eierwitte tot styf en meng by aspersiemengsel in. (mengsel moet styf wees).
Skep mengsel in oondbak.
Bak vir 40 minute tot goudbruin bo.
Resep en foto: Sonja Zino