KERSIETAMATIE EN RYP CAMEMBERT BROOD

tested
KERSIETAMATIE EN RYP CAMEMBERT BROOD
1 kg klaarbereide witbrooddeeg
250 g kersietamaties
1 x 100 g ryp camembert
Seesout en vars gemaalde swartpeper
Olyfolie
Vars kruie, soos roket en bronkors, om mee af te rond
Knie die deeg af en druk dit plat op ’n groot bakplaat wat liggies met meel besprinkel is. Druk tamaties oral oor die oppervlak van die deeg in. Sny die kaas in dun skyfies en druk dit tussen die tamaties in die brooddeeg. Geur die deeg bo-op met sout en peper en bedruip met olyfolie. Bedek en laat rys die brood op ’n warm plek. Voorverhit intussen die oond tot 200 ºC. Bak die brood vir 15-20 minute tot dit goudbruin en deurgaar, die tamaties gebars en die kaas gesmelt is. Haal uit die oond, bedruip weer met olyfolie en sit louwarm voor. Lewer 10-12 porsies.

Bron: Charmaine van der Merwe