HIER IS MY VISGEREGGIE. MY BYDRAE VIR DIE WEEK. (WAS VANAAND SE ETE)
Kekerertjie-viskoekies
KOEKIE
1 blik (410 g) keker-ertjies, gedreineer
2 knoffelhuisies, fyngedruk
2 eiers
60 ml (¼ k) vars koljander, gekap
2 blikke (170 g elk) tuna, gedreineer
15 ml (1 e) suurlemoensap
sout en peper
250 ml (1 k) broodkrummels
Koekies Druk die keker-ertjies fyn. Voeg die res van die bestanddele by en meng. Geur met sout en peper.
Vorm koekies; verkoel 30 minute. Vlakbraai en dreineer.
Vir voorsit Verhit die botter en roerbraai die stir groente.
Sit voor saam met Griekse jogurt, oor die tunakoekies.
En eie tuisgemaakte beet