INGELEGDE KERRIE VIS

download (2)tested
INGELEGDE KERRIE VIS
Hier is die resep my ma het nooit meel oor die vis gesit want dan raak dit so soggy.
2 lb geelbek of geelstert vis, opgesny los die vel aan
½ koppie bruin suiker
2 eetlepels tamatiesous
3 eetlepels apelkooskonfyt
5 garlic huisies
1 klein chillie, gekap
2 groot uie, jy kan meer insit baie mense hou van baie uie
1 koppie wit of bruin asyn
½ koppie water
8 peperkorrels
4 naeltjies
4 allspice berries
2 bay leaves
1 eetlepel masala (kerrie poeier)
2 teelepels fyn cumin
2 teelepels fyn coriander
1 teelepel borrie
sout na smaak

Kap die garlic fyn sny uie in ringe.
Sout jou vis alby kante en laat staan vir so 30 min, sodat die vis kan ferm word.
Spoel af onder koue water en druk hulle lekker droog. Sny jou vis in porsie grote en bak in olie tot gaar, dreineer op papier. Sit nou al die ander bestanddele in pot en kook vir so 8 min, maar kyk dat jou uie darem nie pap is nie, nou sit jy jou vis en kerrie mengsel laag vir laag in bak eers sous onder in laag vis en dan laag kerriesous. Sorg dat al jou vis toe is onder die sous. Sit in yskas en gee so 3 dae voor jy wegval en eet. As jy bietjie dikker sousie wil hê gebruik bietjie mielieblom as dit kook. Mense hierdie vis is lekker, geniet dit.

BRON-Anita Groenewald Olderwagen