IDEES OM SKAAPTJOPS SAG TE MAAK

IDEES OM SKAAPTJOPS SAG TE MAAK
Koos V D Merwe:
Suurlemoensap en dan net ‘n lekker braaispesery as die tjoppies amper gaar is.
Minette van der Westhuizen:
Canola olie, Worcestersous en baie pepper. Sprinkel eers braaisout oor net voor jy braai, heerlik. Mens kan dit selfs met ander vleis probeer. Doeksag elke keer.
Maria Liebenberg:
Ons eet baie skaapvleis omrede ons ‘n plaas het. En ja, soms is dit affe taaierig. As ek twyfel, laat lê ek dit in Maizena water vir so 3-4 ure. Dan maak ek soos die namakwalanders – gebreekte koljander, bruin asyn en Worcestersous. My man sprinkel die growwe sout op die rooster oor.
Nicolette Fick:
Ons marineer nie baie nie maar wil net ook sê dat biltongspesery-mengsel ongelooflik lekker is op ‘n tjoppie.
Maria Liebenberg:
Jip ons het daai groot sakke biltongspeserye op die plaas en as die skaap so ‘n bietjie wild van die veld proe, gooi ek dit oor, baie lekker
Martie Fourie Moolman:
Gewone jogurt of karringmelk.