HOE OM VAN STUKKIES BAD SEEP WEER BRUIKBARE SEEP TE MAAK
HOE OM VAN STUKKIES BAD SEEP WEER BRUIKBARE SEEP TE MAAK
Dis eintlik dood eenvoudig om ou stukkies seep te herwin. Rasper al jou ou stukkies seep so fyn as moontlik. Begin dit stadig opwarm in ‘n pot oor lae hitte, terwyl jy bietjie-bietjie water byvoeg – nie meer as ‘n koppie-vol water op ‘n medium pot vol. Die mengsel op die einde moet goed dik wees, anders gaan dit eeue neem om uit te droog, en dit sal ook heelwat krimp as die waterinhoud te hoog is.
Wanneer al die gerasperde seep mooi gesmelt is, kan jy natuurlik so 10 na 20 druppels nuwe botaniese olie bysit om die geur en eienskappe te verander na iets wat jou pas. Giet dit dan in jou forms of in ‘n broodpan-form waar jy die seep wil opsny sodra dit meer solied is. As die seep nie te sag is nie, kan jy dit onmiddelik gebruik, anders, droog dit goed uit vir so 5 dae in die son uit.
