HANDIGE WENKE

HANDIGE WENKE
KOEK
Om ‘n koek presies horisontaal deur te sny: gebruik ‘n garedraad of stukkie ongegeurde tandgare. Maak eers ‘n keep reg rondom die koek met ‘n mes om te merk waar jy met die garedraad gaan sny. Plaas die garedraad op die merk en trek die twee punte by mekaar verby om die koek sodoende te halveer.
LEMOENE:
Om die wit van die vleis van die lemoene makliker te verwyder: laat lê die lemoene vooraf vyf minute lank in kookwater.
VLA:
Smeer ‘n bietjie botter op die boom van die kastrol waarin jy die vla maak om te voorkom dat die vla aanbrand.
RYS:
Rys wat aangebrand het: Skakel hitte af, plaas ‘n broodkorsie bo-oor die rys en laat staan vir ‘n paar minute. Die brandsmaak trek in die brood in.
BLAARSLAAI
Sit ‘n lepel in ‘n sak waarin die slaaikop gebêre word. Dit bly vir 3 weke vars.
SJOKOLADEKOEK:
Om sjokoladekoek ‘n mooi kleur te gee, gooi 1 teelepel rooi voedselkleursel by.
ROOM:
‘n Knippie bakpoeier of kremetart laat vars room gouer styf klop.
KITSROOMYS:
Vir kitsroomys, maak kitspoeding aan en laat dit vries.
Rene Truter Wessels
Kleefplastiek
Hou jou kleefplastiek in die yskas. Dit hanteer dan makliker.
Kondensmelk
Kondensmelk kan soos room geklop word as dit eers vir 10 minute lank (in die blik) in ‘n pot kookwater warm gemaak word.
Koljander
Voeg koljander by geregte wat brand om ‘n balans aan die smaak te verskaf. As koljander nie beskikbaar is nie maak ‘n mengsel van pietersielie, sprietuie en gerasperde komkommer.
Voeg bakpoeier heel laaste by koekbeslag – die koek sal dan baie lig uitrys.
Kaas
Vul ‘n leë speserybottel met meel en gebruik dit om oor kaas te sprinkel op pizza of ‘n pastagereg. Dit voorkom dat die kaas drade trek.