GIGI SE PEPERMINT SJOKOLADE EN BEET KOEK

2014-03-02-gigisepeperminttjoklitbeetkoek

GIGI SE PEPERMINT SJOKOLADE EN BEET KOEK
3 bete, gekook en geskil
100 g donker sjokolade (Ek het net peppermint crisp gehad)
560 ml (2¼ koppies) koekmeel
80 ml (⅓ koppie) kakaopoeier
’n knippie sout
7 ml (1½ teelepels) koeksoda
170 g botter, sag gemaak
320 ml bruinsuiker
125 ml (½ koppie) strooisuiker
3 eiers
10 ml (2 teelepels) vanielje-ekstrak
250 ml (1 koppie) volroommelk
10 ml (2 teelepels) siderasyn
15 ml (1 eetlepel) olie
Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ’n 30 cm-koekpan.
Verwerk die beet in ’n voedselverwerker tot fyn gekap.
Smelt die sjokolade in ’n dubbelkoker of in die mikrogolf en sit eenkant.
Sif die meel, kakaopoeier, sout en koeksoda.
Klits die botter, bruinsuiker en strooisuiker tot romerig, meng die gesmelte sjokolade in. Voeg die eiers een-een by terwyl jy ná elke byvoeging goed klits om te meng. Voeg die bottermengsel by die meelmengsel.
Meng die vanielje-ekstrak, melk, asyn, beet en olie in ’n ander bak en voeg dit dan by die koekbeslag. Meng goed.
Giet in die voorbereide koekpan en bak ’n driekwartier of tot ’n steekpen skoon uitkom nadat dit in die middel ingesteek is.

Resep en foto: Gigi Robinson