GEVULDE HOENDERBORSIES MET SKILFERKORSDEEG

Gevulde hoenderborsies met skilferkorsdeegtested

GEVULDE HOENDERBORSIES MET SKILFERKORSDEEG
Kap die hoenderborsies lekker plat met ‘n vleishammer, sprinkel bietjie hoender speserye oor, sit een heel rug spek op die borsie, braai uie en sampioene lekker saam, sit bo-op die spek, krummel feta kaas bo-oor en swart peper. Rol nou die hoender op en hou eenkant.  Altyd wys om dit op hierdie staduim bietjie in die yskas te sit om koud te word.

Rol skilferkorsdeeg lekker dun uit, en sit bo-oor die hoenderborsies, ek het dit nie onder-om ook gesit nie, net so onder in gedruk. Smeer met geklitste eier en bak vir 30 min by 180 ºC konveksie oond op 170 ºC.
Bedien saam met groenbone, soet pampoen, basmati rys en ‘n hoedersousie, met tamatie skyfies op die kant. Afgesluit met lekker appeltert met vla oor. Ek het die appeltert gemaak met glutenvrye meel, versoeter en klappermelk… heerlik
Whala….

Resep en foto: Rina Kleinhans