GEBAKTE VISFILETTE MET SAMPIOENE

 Gebakte visfillette
GEBAKTE VISFILETTE MET SAMPIOENE
Wat van ‘n lekker vissie vir aandete. Gisteraand se Stokvis in die oond gebak.
300 g vars sampioene, in skyfies gesny
400 g stokvis fillette
olie om in te braai
1 gekapte ui
4 geskilde en gekapte tamaties
1 eetlepel suiker
2 eetlepels Worchestershire sous
2 eetlepels asyn
1 koppie gekookte aartappel blokkiesPlaas die vis ‘n gesmeerde oondbak. Verhit die olie in ‘n pan en braai die uie tot deurskynend. Voeg die tamaties en suiker by en geur met sout en peper na smaak. Laat prut vir 5 tot 10 minute om die vloeistof te verminder. Voeg die Worchestershire sous en asyn by en vou die aartappels en sampioene daarby in. Skep oor die vis, verseël met foelie en bak by 200ºC vir 30 minute. Verwyder die foelie en bak onbedek tot dit verbruin.
Resep: Adrian Olivier
Foto: Adam Cloete