GEBAKTE AVO MET WITSOUS
Jare terug geleer eet by die restaurant in die Staats Teater in Pretoria!
Halveer avos, skep uit die helfdes(nie alles nie) Sprikel met suurlemoensap. Maak snytjies in die skil (moet nog bietjie avo in he) Braai bietjie gekapte spek met gekapte ui en knoffel. Maak ‘n lekker dik witsous met kaas, meng met die avo en spek mengsel. Skep in die holtes van die avo S&P sprinkel nog kaas bo-oor en bak in die oond tot ‘bubbly”
Martie Fourie Moolman

