FRANS SE ROGBROOD

2014-03-19-rogbrood
FRANS SE ROGBROOD

Meng;
4  x 250 ml rogmeel
2 x 250 ml koekmeel
1 teelepel sout

En in ‘n beker meng:
50 ml kookolie
500 ml louwarm water
1 pakkie kitsgis
2 eetlepels suiker
Laat staan om te skuim.

Meng met die meel en knie. Laat staan tot dit dubbel die grootte gerys het en knie weer, vorm brode en laat weer rys, en bak 35 min teen 160 °C. Ek meng rogmeel en koekmeel, omrede suiwer rog nie eintlik rys nie.

BRON- Frans Odendaal
FOTO- Stefaans Blaauw