EUGENE SE HOENDERKERRIE


EUGENE SE HOENDERKERRIE
1 groot hoender (1.5kg) in stukke gesny of hoenderstukke soos jul daar in SA kry,
4 groot aartappels in kwarte gesny,
1 groot ui in klein blokkies gesny,
1 blikkie koo ertjies,
3 wortels in skyfies gesny,
1 klein blikkie tamatie puree of paste,
500g groenbone (opsioneel),
6 knoffel skyfies fyngemaak,
2 telepels growwe sout (of na smaak)
1 eetlepel gerasperde vars gemmer,
2 groot lourier blare,
3 stingels kerrieblare,
2 eetlepels heel coriander en grof gekap,
1 eetlepel cumin poeier,
2 stukkies heel cinnamon stick,
2 eetlepels mother-in-law kerriepoeier en
kwart koppie kookolie.
In ‘n pan, voeg al die speserye en blare en keriepoeier en roast vir 3 minute, skud pan gereeld tot jy die reuk mooi kry, moet dit nie brand nie. Werhit olie tot matig, soteer uie tot deurskynend en voeg hoenderstukke by en braai stadig vir verdure 3 min, voeg kerriepoeier, knoffel, gemmer, cumin, coriander, lourierblaar, kerrieblare en cinnamon stick en groente by en braai op lae/med hitte terwyl jy dit aanhoudend roer dat dit nie vasbrand nie vir so 10 minute, voeg 2-3 kopi water by as jy ‘n goeie sousie wil by he, prut op lae hitte tot die aartappels reg is. vir ‘n warmer Kerrie voeg jy 2 gekapte en een heel warm groen rissie en 2 telepels rooipeper by.
Bon Apetit.
Eugene Andrew Ferreira