DESMOND SE TOPSIDE
Vries die snit, maar voordat hy gevries word, stop hom met spek en wortels. Smeer hom met ‘n lgie van ‘n mengsel van mosterd en appelkooskonfyt. Draai goed toe in alluminiumfoelie en vries.
Die aand voordat die stuk geniet gaan word, haal uit die vrieskas, plaas dadelik in oond wat op 110ยบ C gestel word.
Hy sal die volgende oggend gaar wees. Sny nou die foelie oop en laat hom rooster om ‘n bruin lagie te kry en die bonus is dat hy lekker saqppig is en die sous is ook nog daar!
BRON- Desmond Landsberg

