BASILIEKRUID PESTO EN RESEPTE
1 liter vars basiliekruid, taamlik styf ingedruk
2-3 knoffelhuisies
25 g dennepitte
25 g of meer gerasperde parmesaankaas
100 ml olyfolie
sout na smaak
kookwater en Yskoue water (met ysblokkies nog beter)
Stroop basiliekruid van die stingels af, doop in kookwater vir paar sekondes, en dadelik in die koue water. Skil knoffelhuisies, strooi sout oor en kneus dit. Versap basiliekruid, knoffel, dennepitte, kaas, sout en bietjie van olie in voedselverwerker tot ‘n dik pasta. Verwerk res van olie bietjiegewys by die pasta. Skep mengsel in ‘n houer wat dig seël en bewaar dit tot ‘n maand in koelkas.
VARIASIE
Vervang dennepitte met amandels of sonneblom sade..
Vervang basieliekruid met pietersielie of gebruik om die helfte.
Vervang parmesaankaas met feta kaas.
Lekker idees vir die gebruik van Pesto
- Pesto Frikkies: Meng 450 – 500 g gemaalde vleis (kalkoen/hoender) met ½ koppie broodkrummels, ½ koppie pesto, ¼ koppie melk en ¼ koppie Parmesaan. Vorm klein bolletjies en braai in ‘n braaipan met bietjie olyfolie vir 10 – 12 min.
- Frikkies in Pesto Roomsous: Maak bogenoemde resep en wanneer net gaar voeg 1 koppie hoenderaftreksel (knorr of self gekook) en ¼ koppie pesto by en kook stadig totdat frikkies gaar is, haal van plaat af, roer ½ koppie room in en laat net stadig deurkook, bedien met pasta of rys van u keuse.
- Pesto Burgers: Maak bogenoemde resep maar ipv bolletjies maak patties en braai in bietjie olyf olie of onder rooster in oond net tot gaar. Sny Ciabatta rolletjies middeldeur en rooster liggies, smeer met pesto, sit Mozzarella, patties, tamatie en blaarslaai op en bedien.
- Pesto Pizza: Sny ‘n Franse brood in die lengte deur. Smeer pesto op elke sny, pak met ham/salami of vleis van jou keuse, sit Mozzarella en Parmesan kaas op, plaas onder rooster tot kaas gesmelt is.
- Pesto Botter: Meng ¾ koppie pesto met 4 eetlepels sagte botter.
- Geroosterde Pesto Mielies: Rooster of stoom mielies, smeer met pesto botter en sprinkel Parmesan kaas bo-oor.
- Pesto Soet Patats: Bak heel soet patats in die oond tot sag. Sny in kwarte in die lengte, smeer met pesto en bedien.
- Room Tortellini: (pasta) Kook pasta volgens aanwysings op die verpakking. Kook 1 koppie room en ¼ koppie pesto tot dit begin verdik. Roer ¼ koppie gerasperde parmesaan kaas in. Meng ongeveer 340 g pasta en 2 koppies gestoomde broccoli by. Soos verkies kan hier hoender of ham bygeroer word.
- Pesto Primavera Slaai: 340 g gaar penne/pasta, 4 koppies gestoomde groente, 1 koppie blokkies Mozzarella, ¾ koppie pesto en ¼ koppie gerasperde Parmesan. Meng lekker deur en gooi amandelskerwe oor.
- Pesto Mossels: Soteer 4 opgesnyde knoffel vingers in bietjie olyfolie tot goudbruin, ongeveer 2 min. Voeg ongeveer 900 g mossels en 1 koppie wit wyn by. Plaas deksel op en kook tot mossels oopgemaak het, ongeveer 4 min. Roer 3 eetlepels pesto in. Bedien op pasta of as voorgereg.
- Pesto Groenboontjies: Meng 500 g gestoomde groenboontjies met 3 eetlepels pesto en die sap van 1 suurlemoen.
- Pesto Aartappelslaai: Kook jou aartappels en laat effens afkoel, roer nou 1 koppie mayonnaise, 3 eetlepels pesto en die sap van 1 suurlemoen lekker saam, en meng deur jou aartappels.
- Pesto Hoenderslaai: 4 koppies gaar hoender, ½ koppie seldery, ¼ koppie elk rooi uie, neute en crispy spek gaar. Meng nou ¼ koppie mayo en ¼ koppie suurroom en 3 eetlepels pesto, meng deur hoendermengsels. Bedien.
- Pesto Eierslaai: 8 grof opgesnyde hardgekookte eiers, 1 koppie seldery en 2 eetlepels gerasperde rooi uie. Meng ¼ koppie mayo, 2 eetlepels pesto, 2 eetlepels olyf olie en 1 eetlepel suurlemoensap. Meng by die eiers en bedien koud.
- Pesto Tunaslaai: 2 blikkies tuna, 1 blikkie kekkerertjies, ½ koppie gekerfde pietersielie, rooi uie en geroosterde rooi peppers. Meng 3 eetlepels pesto met 2 eetlepels rooi wyn asyn, meng deur en bedien.
- Suurlemoen Pesto Dip: Klits ½ koppie suurroom met ‘m ¼ koppie elk mayonnaise, Parmesaan en pesto, 2 eetlepels capers, 2 teelelepels suurlemoensap en skil, geur met sout en swart peper na smaak. Smaak moet aangeleer word.
- Pesto Croutons: 4 koppies brood blokkies, meng 3 eetlepels pesto met 2 eetlepels olyfolie, meng met die brood blokkies, gooi oop op bakplaat en bak vir 20 min by 180°C.
- Pesto Tamatiesop: Braai ¼ koppie sallotte, vars tiemie in bietjie botter, voeg 1 groot blik tamaties, 1 ½ koppie water en ½ koppie room by, kook net op lae hitte deur vir 20 min. Puree in voedelsverwerker of met masher sit 3 eetlepels pesto by en bedien.
- Pesto Steak Smeersel: meng ¼ koppie pesto, 2 eetlepels wit wyn asyn en 1 eetlepel warm water. Smeer oor steak terwyl jy braai of in pan gaarmaak.
- Pesto Gebraaide Hoenderstukke: Meng 1 koppie melk en ‘n halwe koppie pesto. Gooi oor hoender stukke en laat staan vir ongeveer 30 min. Meng meel met paprika, sout en peper. Doop hoenderstukke in meelmengsel, sit rukkie in die yskas en braai in bietjie olie gaar 12-15 min of in die oond teen 180°C.
- Pesto Lamsosaties: Ryg blokkies lamsvleis en uie in ‘n stokkie. Meng ¼ koppie pesto en 1 eetlepel wit wyn asyn, marineer vir 1 uur en braai.
- Pesto Salm Viskoekies: Meng 450 g gaar gevlokte salm met 1 koppie broodkrummels en ‘n ¼ koppie pesto, 1 eier en 1 eetlepel suurlemoenskil. Vorm koekies en braai in bietjie olie 2-3 min aan ‘n kant. Meng tartar sous met bietjie pesto en bedien viskoekies.
- Pesto Worsie Hoender mengsel: Meng 250 g fyngemaakte viennas met ¼ koppie pesto, 1 gekapte ui en 2 eetlepels broodkrummels en Pecorini/Parmesan. Stop mengsel onder vel van hoenderborsies in en bak in die oond by 180°C ingeveer 45 min, of tot net lekker gaar.
Foto: Benhet Niewenhuis

