Aartappel en preie (leeks) sop
AARTAPPEL EN PREIE SOP
50 g of ‘n ¼ koppie botter
450 g preie (leeks), net die wit gedeeltes, dun skyfies gesny
3 groot uie, gekap
250 g aartappels, geskil en in stukke gesny
300 ml of 1 ¼ koppie dik room
‘n bietjie yswater en suurlemoensap, opsioneel
vars gesnipperde grasuie (chives) of pietersielie, om mee te garneer
Jy het ook nodig:
1 liter of 4 koppies ligte hoender ekstrak, ek gebruik sommer 2 blokkies hoender ekstrak
sout en peper na smaak
Smelt die botter in ‘n groot kastrol, voeg die uie en die preie daarby.
Bedek en kook liggies vir 15 tot 20 minute tot hulle sag maar nie bruin is nie.
Voeg die aartappel by ek kook onbedek verder vir ‘n paar minute.
Voeg die hoender aftreksel by asook die sout en peper na smaak.
Onthou die hoender aftreksel is klaar sout as jy die blokkies gebruik.
Bring tot kookpunt en verminder dan die hitte.
Laat dit verder prut vir 15 tot 20 minute tot die aartappels sag is.
Laat dit afkoel en verwerk die sop in ‘n versapper (blender).
Giet dit in ‘n bak en roer die room daardeur.
Proe dit en pas die sout en peper aan, indien jy dink dis nodig.
Indien die tekstuur op hierdie stadium te dik, is voeg klein biejie yswater by totdat jy tevrede is met die dikte.
Plaas die sop in die yskas en laat afkoel tot dit lekker koud is.
Nou kan jy weer proe en as jy verkies, kan jy nou bietjie suurlemoensap byvoeg.
Sprinkel die gesnipperde grasuie of pietersielie oor net voor jy dit opdien.
Resep en foto: Adam Cloete

