3 BESTANDDEEL MAALVLEIS BALLETJIES


3 BESTANDDEEL MAALVLEIS BALLETJIES
1 kg maalvleis
100-125 ml room / karringmelk / gewone jogurt
1 pakkie bruin uiesoppoeier

Meng alles goed saam met ‘n vurk en vorm bolletjies. Moenie vleis teveel hanteer nie.
Bak in vooraf verhitte oond van 180 ºCelsius tot gaar of op die stoof in bietjie olie.
Nota: Indien verkies kan jy ‘n klein wortel en ui baie fyn  rasper en by meng.

BRON- Rina Kleinhans
Foto:  Sharon Naude en Aniki Van Rensburg