VINNIGE KARRINGMELK EN MUESLIBESKUIT

tested
VINNIGE KARRINGMELK EN MUESLIBESKUIT
Hierdie is genoeg deeg vir twee panne van elk 370 x 270 x 60 mm – binne mate
Ek sny met ‘n elektriese mes wanneer heeltemal afgekoel, dit maak minder krummels as om met broodmes te sny.

10 koppies koekmeel – kan 2 van hulle vervang met muesli* OF 1 nutty wheat en 1 all bran flakes
1 koppie sonneblomsade – kan weggelaat word indien verkies
1 koppie pampoenpitte (rou) – kan weggelaat word indien verkies
4 koppies karringmelk – ek gebruik 3 koppies melk en 1 koppie witasyn (goedkoper as karringmelk!)
5 ml sout
8 teelepel bakpoeier
2 koppies suiker
5 eiers geklits met ‘n vurk
500 g margarien – ek gebruik Stork for Baking
20 ml vanilla geursel

Sif meel en bakpoeier saam.
Voeg res van droë bestanddele by en meng goed.
Smelt margarine.
Voeg margarien, eiers, vanilla en karringmelk by droee bestandele en meng goed.
Gooi deeg in gesmeerde panne en bak by 180ºC vir ‘n uur.
Laat afkoel en sny in vingers.
Droog oornag uit by ongeveer 60º C.

Ek gebruik die muesli met kasjoe neute in “Nature’s Source Crunch Nutzy” die pers pak.

Elsabie Templeton – baie lekker beskuit en jy kan bietjie rondspeel met die bestanddele, jy kan bv gedroogde klapper bysit of rosyntjies, cranberries, pistachio neute ens

Resep en foto: Elsabie Templeton