TUISGEMAAKTE GEROOKTE HAM
TUISGEMAAKTE GEROOKTE HAM
10 liter water
1 kg sout
30 g salpeter
20 g swartpeper
80 g koljander
2 lourierblare
100 g bruinsuiker
50 g “rooisout” salt of PRAGUE
Meng al die speserye met die water en roer tot die sout heel opgelos is. Laat lê die vleis vir 72 uur in die pekel oplossing.
Hang dit vir 24 uur uit om af te droog, en rook dit dan met KOUE ROOK vir 8-12 ure. Draai dit in ‘n plastieksak toe en laat rus vir 12 ure in die koelkamer, hang dit WEER uit vir 12 ure en rook dit weer vir so 8 ure met koue rook. Hang dit na die rook proses weer uit vir so 8 ure, en pak in papier sakke en vries.
Nou vacuum pak ek dit gewoonlik, en laat rus in die koelkamer vir 48 uur voor ons dit eet.
As jy die “Black forest ham” wil maak, wat vir 6 -9 maande moet hang, dan laat lê jy dit in die pekel VIR 14 DAE en na jy dit uithaal, laat lê jy dit vir so 4 ure in VARS WATER. Laat afdroog, sit dit in ‘n press, sommer tussen 2 planke, vir 12 ure om die vog uit te druk en begin die rookproses.
Nou laat hang jy dit vir so lank jy wil in ‘n koel plek met min of geen wind.
Bron: Stefaans Blaauw
Pieta Van Der Walt

