TJOP TJOP BRUINPOEDING

1794532_10202844245177525_1155184803_ntested

TJOP TJOP BRUINPOEDING
( my gunsteling..en ek bak dit ‘TJOP..TJOP”)
Meng die volgende droë bestanddele goed saam:
1 en 1/2 koppie bruisbeel
1 teelepel bakboeier
1/2 teelepel sout

Meng nou apart in ‘n beker
1/2 koppie suiker
1 teelepel Vanilla geursel
1 groot hoender eier
1 eetlepel appelkoos konfyt
1 eetlepel botter/olyfolie

Neem nou ‘n beker (250ml) melk
1 teelepel koeksoda
Los die koeksoda goed op in die melk…
Gooi nou 2 eetlepels bruin ASYN in die melk en roer..terwyl dit in die meelmengsel in gegooi word, gevolg deur die, suiker en eiermengsel…voeg nog bietjie melk by indien nodig

Roer goed tot ‘n gladde vloeibare deeg, en krap in ‘n gesmeerde glasbak.
Plaas in voor af verhitte oond en bak op 180ºC tot goudbruin +/- 45 minute tot een uur..

SOUS
1 koppie water
1 koppie melk
1 koppie suiker
1 teelepel vanilla geursel.
4 eetlepels botter

Kook alles saam tot dit borrel, en haal af….vir 2 minute
en gooi die kokende sous oor die poeding sodra dit uit die oond uitkom…
Laat nou afkoel, en eet saam met lekker dun “Custard”..
Resep en Foto: Stefaans Blaauw