TANNIE SARIE SE SOUTTERT



TANNIE SARIE SE SOUTTERT
Sekerlik die lekkerste souttert ooit! ‘n Tannie na aan my hart se resep. Nooit ‘n flop, baie klam en smaakvol.
3 snye witbrood, gekrummel
500 ml melk
125 g spek, gesny en gebraai
400 g viennas, opgesny
4 eiers
1 ml mosterdpoeier
3 ml sout
peper na smaak
150 g Cheddarkaas, gerasper
paprika
Verhit die oond tot 180ºC.
Plaas die brood en melk in ‘n mengbak en week die brood vir 3 minute.
Druk die brood fyn en voeg die gebraaide spek en worsies by.
Klits die eiers, mosterd, sout en peper saam en voeg dit by die broodmengsel en roer deur.
Voeg ⅔ van die kaas by die broodmengsel en roer deur.
Skep die mengsel in ‘n oondbak en strooi die res van die kaas bo-oor.
Bak die souttert in die voorverhitte oond vir 35 minute.
Resep getoets en foto 1: Ronell Muller Boshoff
Ek het die resep verdubbel en groen soetrissie, blatjang en Steers mosterdsous bygevoeg.
Foto 2: Anel Engelbrecht Portela