SWARTWOUDPOEDING-TERT

1901253_10203239658341801_1989593236_ntested
SWARTWOUDPOEDING-TERT
1 ½ Sjokolade Swissrol of sjokolade sponskoek
2 houers gladde maaskaas
2 blikke kondensmelk
125 ml Suurlemoensap
1 blik Swartkersies (black cherries) ontpit
Kersielikeur
Sny koek in lagies en pak en lagie in bak.
Sprinkel met die likeur.
Meng die suurlemoensap met kondensmelk en voeg dan die maaskaas by en meng lekker deur.
Sit helfe van die mengsel op die lagie koek en pak die cherries wat gedreineer is, in helfte stukkies op.
Pak weer ‘n lagie gesnyde koek, sprinkle met likeur, dan die res van die kondensmelk mengsel.
Pak dan die kersies bo-op en strooi flake bo-oor.
Neem dan die stroop van die kersies en bring tot kookpunt en maak dikker met maizena en strooi so tussen deur die kersies.

Resep en Foto: Joyce Geers-Minnaar