SPANAKOPITA – SPINASIE

tested
SPANAKOPITA – SPINASIE
Die enigste vereiste met filodeeg is dat jou filling nie te souserig moet wees nie. Ek braai gekapte uie of leeks in botter tot sag, dan stoom ek net die gekapte spinasie vinnig, meng met die uie, sout en peper en ook knippie fyn neut asook gekapte vars fennel (dit gee daai wow smaak), dan klam ek dit aan met geklitste eier, en meng met fyngemaakte Fetakaas.

Gebruik 4 – 5 lae filodeeg.
Laat ontdooi dit heeltemal en verf elke vel met gesmelte botter /margarien, plaas al die lae bo-op mekaar in ‘n reghoekige of vierkantige bak. Plaas jou vulsel bo-op die deeg en maak dit gelyk. Vou nou die deeg bo-oor en verf weer bo-op met marg. Bak op 180°C, hou maar dop tot dit mooi bruin is, omtrent 30 min, dalk langer, dalk korter, dit hang van jou oond af. Ek maak ook klein bakkies van die filodeeg wat ek in muffinpanne sit.

BRON: Louise Groenewald