SPAETZLE
Foto en resep: Martie Fourie Moolman
Isobel Conradie
Oe-la-la, Martie Fourie Moolman, spaetzle is een van my gunstelinge!! Al wat ek anders doen is om die degie op ‘n plastiese snyplankie oop te smeer [nie te dik nie] en dan sommer met ‘n nat mes klein stukkies af te sny-krap sodat dit in die water val – die stukkies hoef nie eenders te lyk of ewe groot te wees nie! Ek maak dit gewoonlik vooruit, vries dit so gaar en wanneer ek dit nodig het, ontdooi ek dit eers en braai dit dan stadig in ‘n diep pan in gesmelte botter bo-op die stoof. Die eienaar van die “Wooden Shoe” restaurant hier naby ons [in Seepunt] het [behalwe die gourmet biefstuk wat hy kon optower] die heerlikste pastaresepte ook bedien met spaetzle wat sy kelner so voorberei het. Ek en Kobus het graag daar gaan eet, en een aand toe ek haar uitvra, het sy eers sy toestemmiing gaan vra en toe aan my kom verduidelik hoe hulle groter hoeveelhede vries en later in botter braai. Ongelukkig het hy afgetree en bestaan die restaurant nie meer nie. ‘n Mens moet net baie geduldig wees wanneer jy dit aanvanklik in die water gaarmaak, want dit is ‘n stadige proses – twee kastrolle werk beter as een …

