SKAAPNEK IN N BAKSAKKIE
Sny die uie, en die aartappel sommer blokkies en pak dit saam met die skaapnek in ‘n baksakkie.
Geur met bietjie sout, growwe swart peper, en braaispice.
Giet so eetlepel asyn ook by, en skud goed, sodat alles lekker deur meng.
VERGEET dit nou in die yskas vir 4 dae.
Druk dit in die oond wat op 150 ºC gestel is vir 20 minute, en daarna op 100 ºC vir nog 2 ure.
Maak nou die baksakkie oop en voeg 125 ml room en 125 ml water by, en laat bak vir nog 30 minute,
Kook nou ‘n potjie met 50% rys en 50% stampkoring gemeng.
Dan ROL jy die been so uit die nek uit, en geniet dit saam met die koringrys.
Bron: Stefaans Blaauw

