SKAAPKOP RESEP

skaapkoptested

SKAAPKOP RESEP
Nou ja mense, as julle nie van die afval reseppie hou nie.
Probeer dan maar hierdie een -BAIE LEKKERDER!

Vat ‘n skaapkop, wat mooi skoon is, en 5 liter koue water.
Los nou so 500 g sout in die water op en gooi een teelepel swart peper in die water.
Plaas die kop daar in, en laat staan dit vir 24 uur in die yskas of koelkamer.
Plaas nou die kop in oondpan, maak dit dig met foelie toe en sit dit op die hoogste rakkie in die oond.
Bak nou teen 200 ºC vir ‘n halfuur en draai dan die temperatuur af na 120 ºC toe, bak nog so 2 ½ ure teen 120°C.
(Ek plaas gewoonlik die oond op so 80 ºC voor ek gaan slaap en laat dit stadig deur die nag so bak.)

In die oggend haal ek die foelie af en bak dit vir nog ‘n halfuur op 150 ºC, waarna dit lekker gaar en krispie is. DAN EET ONS!
Stefaans Blaauw