SISILIAANSE SPAGHETTIKOEK


SISILIAANSE SPAGHETTIKOEK
3 groot eiervrugte
olie om in te braai
500g maalvleis
1 groot gekapte ui
2 fyngemaakte knoffelhuisies
400g heel geblikte tamaties
1 teelepel oreganum
2 eetlepels tamatiepasta
sout en peper na smaak
250g gekookte spaghetti
250g gevriesde groente (ertjies, wortels, mielies ens.)
90g gerasperde Cheddarkaas
90g gerasperde Parmesankaas
4 eetlepels droë broodkrummels
Fetakaas gekrummel
Paar stukkies gekleurde soetrissie
Paar ontpitte olywe
Sny die eiervrugte in 3mm dik skywe en dompel in soutwater vir 30 minute. Dreineer en droog met ‘n skoon kombuislap en braai in die olie oor medium hitte tot hulle ligbruin aan beide kante is. Dreineer in ‘n enkellaag op absorberende papier. Verminder die olie in die pan en voeg die maalvleis by dieselfde olie en braai tot dit begin verkleur. Voeg die ui en knoffel by en kook vir ‘n paar minute. Druk die tamaties met ‘n vurk fyn en voeg, saam met die sous by die vleis. Geur met sout en peper en laat onbedek prut tot die vloeistof met die helfte verminder het en die vleis gaar is, ongeveer 20 – 30 minute. Kook intussen die gevriese groente tot sag en dreineer. Meng die vleis met die spaghetti, groente en gerasperde kase. Smeer ‘n diep, ronde koekpan en plaas ‘n eiervrugskyf in die middel van die bodem. Rangskik die ander in ‘n sirkel rondom sodat dit oorvleuel, todat die bodem bedek is. Plaas nou ‘n skyf teen die kant en pak dit met die spaghettimengsel vas. Gaan voort om die kant so te bedek en skep dan die res van die mengsel in die middle van die pan. Maak dit gelyk bo-op en pak bedek die bokant ook met eiervrugskywe. Strooi die broodkrummels bo-oor en versier liggies met gekrummelde Fetakaas, soetrissie en deurgesnyde olywe. Bak onbedek by 180ºC vir 30 minute of tot goudbruin. Laat ‘n paar minute staan voor dit uitgekeer word op ‘n opdien bord.
Wenk: Dit is gesonder en maak die koek minder olierig indien die eiervrugskywe in die mikrogolf gaargemaak word, in plaas van in die olie gebraai word.
RESEP EN FOTO: ADRIAN OLIVIER