RUM EN RAISIN NAGEREG

2014-02-08-img-20140208-01536tested
RUM EN RAISIN NAGEREG
Lewer 1 tert of 4-6 glase
250 g pitlose rosyne
250 ml (1 k) kookwater
250 ml (1 k) room, verkoel
1 blikkie (360 g) karamelkondensmelk
2 ml (½ t) vanieljegeursel
5 ml (1 t) rumgeursel
1 pakkie (200 g) Tennisbeskuitjies
aarbeie vir versiering indien verkies

Bedek die rosyne met kookwater en hou eenkant.
Klits die room styf en meng die kondensmelk en geursels by.
Dreineer die rosyne (hou ’n paar eenkant) en meng liggies by die karamelroom in.
Pak ’n laag Tennisbeskuitjies in ’n bak of glase en skep ’n laag karamelroom oor.
Herhaal lae en rond af met rosyne. Verkoel tot stewig. Versier met aarbeie indien verkies.
WENK Jy kan self aalbessies gebruik pleks van rosyne vir ’n mooi rooi kleur.

foto Marie Rheeder Troskie