ONTBYTGEBAK


ONTBYTGEBAK
Gisteraand se bykos by eergisteraand se oukos, saam met die brood. Dis ‘n resep wat ek lank terug by What’s for Dinner gesien het. Dit is baie eenvoudig en lekker vir sommer so ‘n vinnige bykossie vir enige tyd van die dag, alhoewel dit eintlik ‘n oggend ding is. Hierdie is die basiese resep, maar ek gooi enige ding daarin van oorskietvleis tot gerookte worsies ens. ens.
‘n Paar snye brood (hoeveelheid hang af van hoe groot jou oondbak is)
250 g opgesnyde ontbytspek
ongeveer 300 g cherry tamaties
4 groot eiers
bietjie olyfolie
1 koppie melk
250 g sampioene, in skyfies gesny
1 pakkie kaas & bacon gegeurde Potato bake
Sny die snye brood in driehoeke en rangskik dit, sodat dit met mekaar oorvleuel, op die bodem van jou gesmeerde oondbak. Braai die ontbytspek en sampioene in die olie tot net gaar. Strooi die sampioene en ontbytspek, asook die tamaties oor die brood en sorg dat dit ook in die openinge tussen die broodskywe inval. Meng die melk, eiers en inhoud van die potato bake en giet dit oor die gereg. Laat staan vir ongeveer 10 minute sodat die vloeistof deeglik in die brood kan intrek. Strooi bietjie gerasperde kaas bo-oor en bak in die oond by 180ºC vir 30 minute of tot die vloeistof gestol het.
Bron: Adam Cloete