

NINNIE SE VERSIERSEL VIR KOEK EN CUPCAKES
Nog ‘n wenner resep, baie baie dankie dis wonderlik dat so baasbakster haar geheime met ons deel. Hierdie versiersel is heerlik sommer op groot koeke, cupcakes of enige iets wat jy lekker wil versier, daai soort waar jy sommer jou vinger so wil indruk en aflek… he he he!
Die resep is groot, mens kan dit met sukses halveer.
500 g Cremora
1 koppie kookwater
2 blikkies kondensmelk
1 koppie suurlemoensap
Meng die Cremora met die kookwater. Sit ONBEDEK in die yskas en laat goed koud word.
Meng dieĀ kondensmelk met die suurlemoensap en plaas ook in die yskas om goed koud te word.
Klits nou die koue Cremora mengsel tot styf, meng dan die kondensmelk mengsel daarby en klits.
Versier enige koek of cupcakes daarmee.
HEERLIK
Ninnie Du Toit