NEDERIGE KOOLGEREG

 

tested

NEDERIGE KOOLGEREG
Neem een pakkie bacon ek verkies streaky en braai dit in een telelepe olie tot lekker bros.
Verwyder bacon en braai ‘n baie fyn gekerfde ui in die olie, as die ui glanserig is voeg baie fyn gerkerfde kool by en hou aan met roerbraai.
‘n Mens moet maar baie roer want die geheim is dat die gereg so min as moonlik vloeistof moet bykry.
Hou aan met braai tot die kool begin verbruin, indien jy vind dat jou kool aanbrand druk jou hand in water en hou oor die pan.
Slegs druppels water moet bygevoeg word.
As jy vind dat jou kool gaar maar darem nog effens krakerig is voeg die bacon by en geur met sout en peper.
Dit is regtig lekker.

Resep: : Mara Van Zyl